Bheki en Lamola aanspreeklik vir Bester-blaps

Accountability Now in die buurland sê die minister van polisie, Bheki Cele en die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, moet aanspreeklik gehou word vir die ontsnapping van die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, Thabo Bester. Hy het in Mei verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis ontsnap. Bester is in Tanzanië aangekeer en aan Suid-Afrika uitgelewer waar hy weer agter tralies is. Die direkteur van Accountability Now, Paul Hoffman sê die land was in ‘n kwesbare situasie met ‘n voortvlugtige.