Bezuidenhout reg vir “tuis” Joburg-ope
Gholf: Die Joburg-ope het vanoggend begin en 155 beroepspelers van regoor die wêreld ding mee by die Houghton-gholfklub om ʼn deel van die prysgeld van 20.5 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Christiaan Bezuidenhout is terug by die huis vir hierdie toernooi. Hy het reeds die Suid-Afrikaanse ope en die Alfred Dunhill-kampioenskap ingepalm. Bezuidenhout sê hy sal graag die Joburg Ope-beker ook in sy trofeekas wil bêre.