Bezos verdedig besluit om nie Post toe te laat om kandidaat te ondersteun nie

Jeff Bezos het die Washington Post se besluit verdedig om nie ʼn presidensiële kandidaat te onderskryf nie. Die redaksionele raad wat apart is van die joernaliste wat daar werk, het dekades lank ʼn moontlike president gesteun. Bezos, wat ook Amazon se uitvoerende hoof is, sê indien ondersteuning aan ʼn kandidaat gepubliseer word, sal dit lesers se vertroue in die koerant se integriteit ondermyn. Volgens berigte is ʼn konsepkennisgewing om Kamala Harris aan te beveel, reeds opgestel. Die besluit het groot ontsteltenis ontlok en sowat 200 000 mense het hul intekening gekanselleer.