Beweerde seks-vir-punte lektor met matras onder arm vanaf kampus geboender

‘n Senior lektor van Nust word ondersoek nadat hy na bewering seks-vir-punte aan vroulike studente aangebied het. Die lektor is volgens studente deur sekuriteitsbeamptes van die perseel af begelei. Na wat berig word het hy ‘n matras, wat hy in sy kantoor gehou het, onder sy arm gedra. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dorothea Nangolo van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat hulle standpunt uiteensit.