Beweerde diewe van droogtehulp-kos ‘werk by streeksraad’

Die waarde van die droogtehulp-voedselitems wat uit die uitvoer-verwerking-sone-pakhuis in Oshikango gesteel is, beloop sowat 627 000 Namibiese dollar en sluit in 21 630 bottels kookolie van 750 milliliter elk. Ander items is ook buitgemaak. Volgens NamPol in die Ohangwena-streek se misdaad-ondersoek koördineerder, adjunk-kommissaris Zacharias Amakali, is verskeie werknemers van die streeksraad se ramprisiko-bestuurseenheid in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die Ohangwena-streekgoewerneur Sebastian Ndeitunga gepraat, wat sê die diewe het ‘n sleutel van die pakhuis gehad.