Bewaringslegende, Polla Swart, sterf op 88

Polla Swart, Namibiese bewaringslegende, is op die ouderdom van 88 oorlede. Bekend as die renoster-vanger, het hy gepoog om ’n foto van ‘n klein renoster neem maar toe storm hy. Swart het hom by sy agterpoot gegryp en vasgehou tot hulp kon kom. ‘n Foto is geneem wat baie bekend geword het. Swart was aan die spits van die vang en hervestiging van die swartneus-impala, bastergemsbokke en swartwitpense asook swart renosters in Namibië, veral in Etosha Nasionale Park. Dit was juis in 1970 tydens ’n vang-en-hervestigingspoging van swart renosters dat hy die kalfie aan die been beetgekry het.