Bewareas se saak nie dringend nie, geskrap

Die tydelike verbod op mynaktiwiteite in die verre noordweste het ‘n terugslag gekry na die dringende aansoek deur Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein bewaringsgebiede, saam met ander aansoekers, van die rol geskrap is as gevolg van ‘n tekort aan dringendheid. Regter Orben Sibeya het ‘n tydelike verbod op die bedrywighede, ook die konstruksie van ‘n pad tien dae gelede geplaas. Hy het ook ‘n kostebevel uitgereik met die aansoekers wat die kostes van die aansoek moet dra, insluitend Otillie Ndimulunde, een van die mynlisensie houers, s’n.