Bewareas en mynwese: Keerdatum vandag, betoging gereël

Ultimate Safaris en die bewaringsgebiede van Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein is verlede week ‘n interdik toegestaan wat beplande mynbedrywighede en die bou van ‘n pad deur Ottilie Ndilimunde verbied. Regter Esi Schimming-Chase het die omgewingskommissaris en die omgewingsminister tot vandag toe gegee om hulle besluit bekend te maak. Daar is nog geen dokumente op die e-regsportaal nie. Intussen sal die twee bewareas vanoggend om tien ‘n vreedsame protes by die ministerie se kantoor hou.