Bewarea moet wag tot Desember, uitspraak voorbehou

Uitspraak is voorbehou en sal op 2 Desember gelewer word in die saak waar die Doro !Nawas-bewarea poog om Ottilie Ndilimunde te verhoed om enige mynaktiwiteite in hulle gebied uit te voer hangende ‘n appèl wat hulle ingedien het by die omgewingsminister en –kommissaris. Dit handel oor die omgewingskommissaris se besluit om Ndilumunde se omgewingsklaringsertifikaat goed te keur terwyl hy ook bevind het sy kom nie al die bepalings daarvan na nie. Ndilimunde staan die aansoek teen en die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti het ook ‘n verklaring ingedien om die aansoek vir ‘n interdik teen te staan. Die bewarea is bekommerd oor die veiligheid van veral swart renosters. Dit is die vierde aansoek wat voor die hof is.