Beurtkrag vernietig Vrystaatse landbousektor  

Die DA in die Vrystaat sê die landbousektor in die provinsie is van kardinale belang vir die land se voedselsekerheid en moet deur Eskom as ‘n strategiese en noodsaaklike ekonomiese sektor beskou word. Die Vrystaat verskaf tien persent van alle landbou-kommoditeite in Suid-Afrika. Die DA-lid, Roy Jankielsohn, sê beurtkrag het ‘n verwoestende uitwerking op die primêre en sekondêre landbousektore.