Beurtkrag plaas druk op SA se mynsektor

Die mynbousektor in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die uitwerking van beurtkrag nadat produksie in die sektor vir die 12de agtereenvolgende maand gedaal het. Die hoof van beleidsontleding by die Sentrum vir Risiko-ontleding, Chris Hattingh, sê mynondernemings voel die druk terwyl hulle worstel met deurlopende kragonderbrekings. Hy sê die sektor het ‘n afname van 1,9-persent aangeteken vanaf Januarie 2021 tot Januarie verlede jaar. Hattingh sê daar is ‘n groot risiko wat die regering moet versag aangesien die mynbousektor een van Suid-Afrika se ekonomiese bydraers is: