Beurtkrag nie terug na verkiesing: SA Presidensie

Die Presidensie sê bewerings dat beurtkrag binnekort terugkom, is feitelik verkeerd en ʼn misleidende politieke foefie om die land te mislei terwyl die verkiesing vandag plaasvind. Beurtkrag is die afgelope 62 agtereenvolgende dae opgeskort. Die Presidensie sê daar is toenemende en oorweldigende steun vir Eskom se volgehoue pogings om homself reg te stel, te stabiliseer en die opwekkingstelsel te versterk. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê beurtkrag bly opgeskort.