Beurtkrag kniehalter SA sitruskwekers

Die Sitruskwekers-vereniging van Suid-Afrika sê hoewel hawens vrygestel is van beurtkrag, word verkoelings-pakhuise buite hawens steeds deur kragonderbrekings geraak. Die vereniging sê boere sukkel om sitrus-produkte te berg teen temperature soos die Europese Unie se nuwe regulasies vereis. Die vereniging sê dit kan veroorsaak dat die bedryf vanjaar ‘n verlies van ongeveer 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand kan toon. Hulle sê dit kan ook tot werksverliese lei aangesien die sitrus-uitvoerbedryf 140 000 werksgeleenthede ondersteun, wat jaarliks 40 miljard rand se uitvoer-inkomste inbring.