Beurtkrag kelder SA-ekonomie

Die Suid-Afrikaanse vakbond Saftu sê die voortslepende beurtkrag kos die land se trae ekonomie geld. Dit volg nadat Eskom aangekondig het dat fase twee-beurtkrag hierdie week elke aand van vyfuur tot tienuur toegepas sal word weens ‘n gebrek aan opwekkingsvermoë. Die vakbond se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê dis duidelik die regering weier om op te tree teen Eskom se mislukkende uitvoerende gesag en raad: