Beurtkrag: Jhb-DBV samel geld in vir sonpanele

Die Dierebeskermingsvereniging in Johannesburg het in ‘n pro-aktiewe stap met ‘n fondsinsamelingsveldtog begin om sonpanele te installeer. Die doel daarvan is om te verseker sy kliniek kan tydens beurtkrag funksioneer. Die organisasie wil 100 000 Suid-Afrikaanse rand insamel om die welsyn te verseker van die diere in sy sorg. Die DBV sê beurtkrag het ‘n uiters negatiewe uitwerking op sy bedrywighede, soos die berging van entstof in yskaste, chirurgiese prosedures in teaters, en telefoonlyne wat tydens noodgevalle buite werking is.