Beurtkrag in Koeweit… dis te warm

Koeweit het tydelike kragonderbrekings in dele van die land aangekondig tydens spitstye. Die land sukkel om aan die verhoogde aanvraag te voldoen in uiterste somerhitte. Koeweit se ministerie van Elektrisiteit, Water en Hernubare Energie sê die geskeduleerde onderbrekings sal tot twee-ure per dag duur, in ‘n eerste stap vir die Opul-lidstaat, met klimaatsverandering wat temperature laat styg. Die land blameer die beurtkrag op die onvermoë van kragsentrales om aan die verhoogde aanvraag te voldoen.