Beurtkrag: Geen ondersteuning aan SA boere

Die DA sê hy is erg ontsteld oor die manier waarop voedselverskaffers in die landboubedryf behandel word. Boere wie se bedrywighede deur hoër vlakke van beurtkrag geraak word, kry min of geen ondersteuning nie. Die party dring aan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en Eskom, moet verantwoording te doen en ‘n verbeterde beurtkrag-skedule instel, asook uitsluitings-maatreëls vir boere. Carin Visser van die DA sê die kragverskaffer en die regering het misluk.