Beurtkrag en voedselproduksie… 

Die DA sê hy is diep bekommerd oor die uitwerking van ‘n moontlike ineenstorting van die kragnetwerk op die land se voedselsekerheid. Die party sê die onlangse nuus dat die land se grootste pluimveegroep, Astral, ‘n daling van byna 90 persent in tussentydse winste aangekondig het, beklemtoon die voortslepende en duur ontwrigting wat beurtkrag in die landbou-verwerkingsbedryf veroorsaak. Noko Masipa van die DA sê die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, moet planne aankondig om die dreigende krisis af te weer: