Beurtkrag bly op fase 4 tot Saterdag

Eskom het aangekondig fase 4-beurtkrag sal deur die week tot Saterdag voortduur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê dit is weens ‘n groter vraag as verwag en noodreserwes wat onder druk verkeer. Mokoena sê 22 244 megawatt se opwekkingsvermoë is nie beskikbaar nie en ‘n spitsaanvraag word verwag wat 28 000 megawatt oorskry. Sy het die aankondiging gedoen nadat die land verlede week onderwerp is aan fase 6-beurtkrag.