Beurse vir Oslo, Katar is bedrogspul

Slenters in verband met beurse om oorsee te swot, het hul verskyning plaaslik gemaak. Namibia Fact Check sê hy monitor ‘n paar van die plasings vir ‘n aantal maande en daar is veral twee wat voortdurend in WhatsApp-groepe sirkuleer. Die eerste een is vir beurse om in Noorweë te studeer, aan die Universiteit van Oslo. Die poste het al die tekens dat hulle vals is of nie van die werklike universiteite self nie – swak grammatika en slegte spelling; geen amptelike logo’s of embleme nie; geen amptelike kontakbesonderhede of kontakpersoon gelys nie; en natuurlik ‘n nie-amptelike skakel in die plasing. Die ander is vir Katar. Namibia Fact Check het die instansies gekontak en bevestig dat dit bedrieglik is. Die gevaar lê in die skakel en lede van die publiek word gewaarsku om nie op die skakel te klik nie.