Beukes-skorsing: Nampu soek antwoorde

Die Namibiese mediawerkers-vakbond, Nampu, eis deursigtigheid in verband met die skorsing van Jonathan Beukes, die besturende redakteur by die New Era koerant. Die vakbond sê New Era moet verduidelik hoe Beukes geskors is en of enige stappe geneem gaan word. Beukes is Maandag geskors, blykbaar as gevolg van sy hoof artikel waar hy die deursigtigheid van die regbank bevraagteken het. Die vakbond se sekretaris-generaal Jemima Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.