Betterbond sê eiendomsmark in SA herstel
BetterBond verwelkom die verlaging van die terugkoopkoers van 25 basispunte tot 7,75-persent. Die hoof van verkope, Bradd Bendall, sê die verlangsaming van inflasie bevorder ‘n gunstiger uitleenomgewing deur die neiging van koersverlagings voort te sit. Volgens Bendall bied die besluit verligting vir huiseienaars wat sedert November 2021 gebuk gaan onder stygende verbandkoste. BetterBond berig daar is ʼn verbetering van 30-persent in huisleningsaktiwiteite in Oktober, wat dui op ‘n herstel van die eiendomsmark: