BetterBond nie verras oor rentekoerse wat nie daal nie

BetterBond sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers weer onveranderd te laat, was te wagte maar is ʼn bitter pil vir verbruikers. Die bank het die terugkoopkoers op 8,25-persent gelaat en handelsbanke se prima-uitleenkoers bly op 11,75-persent. BetterBond se uitvoerende hoof, Bradd Bendall, sê die onverwagte bestendiging van inflasie het die hoop laat opvlam dat die Reserwebank ʼn langverwagte daling in rentekoerse sal aankondig.