Betrekkinge tussen Israel, SA is ‘gespanne’

Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge se direkteur-generaal, Zane Dangor, sê diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel bly gespanne. Suid-Afrika het reedssy saak van volksmoord teen Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland voorgelê. Suid-Afrika se regspan het aangevoer dat Israel se lug- en grondaanvalle op Gaza bedoel was om die vernietiging van sy Palestynse bevolking te bewerkstellig, wat ‘n aanduiding is van ‘n volksmoordvoorneme. Dangor sê die twee lande sal beter met mekaar skakel na hierdie hofsaak: