Betreding en sosiale media-blaps lei tot stywe boete

’n Sosiale media-beïnvloeder wat in Dubai gebaseer is, is ‘n boete van sowat 35 360 Namibiese dollar opgelê vir betreding van ’n pienkkleurige strand in Sardinië waar toeriste nie toegelaat word nie. Dit kom na sy ’n reeks videogrepe en foto’s van haar eskapade op sosiale media gedeel het. Die vrou het per rubberboot op die strand van Spiaggia Rosa, wat bekend is vir sy pienk sand, aangekom en alle geen-toegang-tekens geïgnoreer. Toeriste word sedert die 1990’s verbied om op die strand te stap, waarvan daar dikwels sand geplunder is, en daar in die see te swem, maar hulle kan die eiland bedags per boot besoek en mag op ‘n paadjie agter die strand loop.