Betoog teen ekonomiese lyding, werkloosheid: Cosatu

Die vakverbond Cosatu moedig werkers aan om vandag deel te neem aan ‘n Nasionale Dag van Aksie om te betoog teen ekonomiese lyding, werkloosheid en ongelykheid. Die staking val saam met die Wêrelddag vir Ordentlike Werk. Die algemene sekretaris Solly Phetoe sê die federasie eis ‘n einde aan afleggings, en optrede teen korrupsie, die hoë lewenskoste, en geslagsgeweld.