Betogings na Bibi Gallant afdank

Betogings het buite die ampswoning van Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, uitgebreek nadat hy die minister van Verdediging, Yoav Gallant, afgedank het. Netanyahu sê hy het vertroue in Gallant verloor weens die bestuur van die oorloë in Gaza en Libanon. Gallant sê hy is oor drie dinge afgedank naamlik die kwessie van ultra-Ortodokse militêre diens, die gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word, en die behoefte aan ʼn amptelike ondersoek na Hamas se 7 Oktober-aanval. Hy word vervang deur die minister van Buitelandse Sake, Israel Katz.