Betogings in talle Europese stede oor strenger inperkings

Tienduisende mense het in talle Europese stede aangesluit by betogings teen dreigende strenger inperkings wat moontlik ingestel kan word. Die Oostenrykse regering het verlede week aangekondig die land word van vandag af weer ingeperk nadat Covid-gevalle toegeneem het. Dit is die eerste keer sedert die inentingsveldtog vroeër vanjaar begin het. Ondernemings soos restaurante, kroeë, teaters en haarkappers moet vir 10 dae sluit en die sakeverbod kan moontlik met nóg 10 dae verleng word.