Betoging teen Israel in Johannesburg verwag

‘n Betoging word by die Amerikaanse konsulaat in Sandton, Johannesburg, verwag teen Israel se beweerde Amerikaans-befondsde volksmoord op Palestyne. Die betogers sluit aan by miljoene mense in 66 stede en meer as 30 lande as deel van die wêreldwye dag van optrede vir Palestina. Die Palestynse Solidariteitsveldtog het dit gereël teen Israel se bombardement van Gaza wat meer as 23 000 Palestynse lewens geëis het, meestal vroue en kinders.