Betogers in Kinshasa met traanrook bestook

Die Keniaanse polisie het traanrook gebruik om betogers in Kinshasa uiteen te jaag. Hulle betoog teen President William Ruto en beweer daar was knoeiery in verlede jaar se verkiesing. Die betogers is ook ontevrede oor die hoë lewenskoste. Ruto se teenstander in die verkiesing, Raila Odinga het landwye betogings aangepor in ‘n poging om munt te slaan uit toenemende ontevredenheid met Ruto.