Beter wetstoepassing, minder padsterftes, -ongelukke – Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika glo ernstiger gevolge vir onverantwoordelike motoriste kan bydra om padsterfgevalle te verminder. Die organisasie verwelkom die vermindering van 16,9 persent in padsterftes wat gister deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, aangemeld is. ʼn Woordvoerder van Outa, Wayne Duvenhage, sê egter sigbare wetstoepassing kan nog slagtings op die pad verminder: