Beter voedselstandaarde na skoolkinders sterf

Die African Transformation Movement doen ‘n beroep op die ANC-regering om streng regulasies in te stel om voedselveiligheidstandaarde te verbeter. Die pleidooi volg ná ‘n tragiese voorval waar twee kinders hul lewens verloor het nadat hulle verouderde kos geëet het wat by ‘n plaaslike spaza-winkel in Soweto gekoop is. Die ATM se nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, benadruk die behoefte aan omvattende sektorregulasies. Ntshona sê die voortslepende gebruik van lewensgevaarlike voedsel wat nie meer geskik is vir menslike gebruik nie, is gelykstaande aan biologiese oorlogvoering: