Beskerming nodig vir swartrenosters in privaat besit

Reaksie is ontvang op die jongste wetenskaplike navorsing toon dat die bewaringsprogram van swart renosters onder privaat toesig regoor die land, aangepas moet word om te verseker dat die spesie oorleef. Privaat grondeienaars regoor die land het swartrenosters wat hulle namens die staat aanhou en bewaar, maar die program raak uitdagend met toenemende stropery. Die navorsing wat in die vaktydskrif Frontiers in Ecology and the Environment gepubliseer is, toon dat minstens die helfte van die oorblywende Afrika-renosters word nou aangehou op privaat of kommunale grond maar die koste van beskerming renosters neem toe. Die navorsers sê die kwessie van die bestuur van die renosterbevolking, wat handel, jag en bewaring insluit, moet konteks-spesifiek gemaak word. Namibië het steeds die grootste swartrenoster-bevolking ter wêreld. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Muller van die Rhino Momma Project gepraat oor hoe Namibiese swartrenosters in privaat besit beskerm kan word…