Beter beheer oor hervestigde boere, en meer bekwaamdheid, broodnodig

Die grondhervorming-ministerie is besig met raadplegende vergaderings in die streke oor die hersiening van die hervestigingskriteria, wat uit 2001 dateer. Vanoggend belanghebbendes, boere en ander rolspelers bymekaar gekom en die kwessie is bespreek. ‘n Kommersiële boer van die Dordabis-omgewing René Krafft het sy kommer uitgespreek oor beter beheer en produktiwiteit te volhou. Krafft het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.