Betaal ons terug, of ander kan nie studeer: Nsfaf

Die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, doen ‘n beroep op alle begunstigdes om hul lenings terug te betaal. Hulle beklemtoon die belangrikheid van terugbetaling, aangesien versuim om dit te doen toekomstige studente se toegang tot fondse kan belemmer. Debiteure wat versuim om hul lening terug te betaal volgens die ooreenkoms wat hulle met Nsfaf onderteken het, sal aan prokureurs oorhandig word vir regsprosesse om die volle uitstaande bedrag in te vorder. Kennedy Kandume, Nsfaf se uitvoerende hoof, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en moedig alle begunstigdes aan om te betaal.