Besware op Jhb-waardasierol kan tot einde November ingedien word

Die Stad Johannesburg het die tydperk vir teenaansoeke op die algemene waardasieregister tot 30 November uitgestel. Dit geld net vir eienaars van eiendom wat voorheen daarteen beswaar gemaak het. Die woordvoerder van die stad, Nkosana Lekotjolo, sê dit beteken alle inwoners wat voorheen beswaar gemaak het teen die nuwe waardes van hul eiendomme en steeds nie tevrede is met die munisipale waardeerder se besluit nie, het nou langer tyd om appèl aan te teken: