Bestuursprotokolle vir slangbyte ontwikkel
Nuwe slangbyt-bestuursprotokolle is ontwikkel deur drs. Buys en Saaiman, en Francois Theart, en merk ‘n aansienlike vooruitgang in die bestuur van slangbytvoorvalle. Die protokolle dek voorkoming, noodhulp en hospitaalsorg om beter uitkomste vir slagoffers te verseker deur ‘n sistematiese en ingeligte benadering. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende plaaslike slangkenner en medewerker aan die protokolle, Francois Theart, wat meer deel.