Bestuurders in die hoofstad moet versigtig wees vir kapers

Daar was weer ‘n geval van kaping in die hoofstad oor die naweek. Gewapende mans het ‘n taxi gekaap en met die taxi na Rocky Crest gery en daar ‘n sportnutsvoertuig gekaap en die taxi daar gelos. Die tipe misdaad neem toe in die hoofstad, ook namate misdadigers hul hande op wapens lê. Dit is uiters belangrik dat lede van die publiek bewus is van wat om hulle aangaan en meer versigtig, veral saans, in die hoofstad rondbeweeg, soos hoofinspekteur Elifas Kuwinga, verduidelik.