Bestuurder sterf in Namibiese vragmotor in SA  

‘n Namibies-geregistreerde vragmotor is tussen Olifantshoek en Upington met die bestuurder agter die stuurwiel gevind. Dit blyk dat die bestuurder dalk ‘n mediese toestand ervaar het en agter die stuurwiel inmekaargesak het, wat veroorsaak het dat die vragmotor vir ‘n paar meter van die pad af in die bosse ingegaan het voordat dit tot stilstand gekom het. Die bestuurder het reeds beswyk toe mediese dienste opgedaag het. Namibian Mashal Ranger, Sean Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…