Bestuur veilig, versigtig hierdie langnaweek

NamPol versoek alle Namibiërs om versigtigheid aan die dag te lê wanneer hulle oor die langnaweek die paaie gebruik. Hewige verkeer word verwag en bestuurders word gemaan om geduldig te wees, hul roetes vooraf te beplan, nie alkohol te gebruik voordat hulle bestuur nie en by die verkeersreëls te hou. Dit is ook belangrik om voertuie na te gaan om seker te maak dat alles werk, insluitend remme en ligte, en dat die bande in ‘n goeie toestand is. NamPol waarsku dat meer verkeerspolisie diens sal doen en dat oortreders vasgevat sal word.