Bestendigheid van banksektor bevraagteken

Die onlangse mislukking van banke en gedwonge oornames het kommer laat ontstaan oor die bestendigheid van die banksektor sedert die finansiële krisis van 2008. Volgens die besoekende professor aan Wits se Sakeskool, professor Jannie Rossouw, speel sentrale banke ʼn deurslaggewende rol om vertroue in die bankstelsel te behou. Rossouw is van mening banke moet verskeie soorte risiko’s bestuur om hul langtermyn-oorlewing te verseker. Hy sê versuim om dit te doen kan lei tot ‘n verlies aan vertroue en moontlik ʼn besmetting buite die banksektor veroorsaak.