SA akteur vier 90ste verjaardag

Die legendariese Suid-Afrikaanse akteur Cobus Rossouw is vandag 90 jaar oud. Rossouw maak sy rolprent-debuut in 1965 in “Debbie”. Daarna het hy in tientalle rolprente gespeel en onder sy groot verhoogrolle is “Koning Lear”, “Richard III”, “Hamlet” en “Die idoot”. In 1971 ontvang hy die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in 2011 ‘n Fiësta vir sy lewensbydrae tot die Afrikaanse teater. Rossouw het met Kosmos 94.1 Nuus gesels op sy mylpaal-verjaardag…