Besteding sal gedemp bly in SA

Ekonome verwag inkopiebedrywighede in Suid-Afrika sal weens die bestaande hoё lewenskoste gedemp bly. Dit volg nadat kleinhandeldata van Statistieke SA ‘n jaar-op-jaar-styging van 0,6-persent in April toon, ‘n daling van die 2,3-persent teenoor die vorige maand. Seisoensaangepaste kleinhandelverkope het in April met 0,5-persent gestyg, in vergelyking met Maart 2023. Die ekonoom van Absa, Sello Sekele, sê laer brandstofpryse het moontlik tot die styging bygedra: