Besteding op leerders draai in parlement

By die opening van die Nasionale Vergadering het die kwessie van die bedrag wat die regering vir elke leerder aan openbare skole toeken ter sprake gekom. Die PDM-parlementslid Hidipo Hamata het die kwessie aangeroer en sê die huidige reëling plaas onderwysers net onder meer druk, aangesien hulle geldinsamelings moet reël om in die behoeftes van skole te voorsien.