Besteding in olie-eksplorasie daal

Globale kapitaal wat aan hoë impak OLIE-eksplorasieboorwerk toegewys is het in 2023 met 15 persent  gedaal. Die hoof dryfveer daarvoor is die swak prestasie van olie-eksplorasie, gekenmerk deur laer sukseskoerse, kleiner ontdekkings, en hoër koste in 2023. Slegs 3,3 miljard vate olie-ekwivalent van hulpbronne is ontdek en die kommersiële suksessyfer het gedaal van 30 persent in 2022 tot 23 persent in 2023, die laagste sedert 2018.