Beste kamerbesetting vir Julie in vyf jaar
Die toerisme-piekseisoen het in Julie afgeskop wat ‘n kamerbesettingsyfer van 61 persent aangeteken het, vergeleke met 51 persent in Julie verlede jaar. Julie vanjaar se besettingsvlakke was die beste oor die afgelope vyf jaar. Toeriste van Duitsland, Switserland en Oostenryk was met 33,5 persent weer die hooftoeriste-bronmark vir Namibië. Plaaslike inwoners is die tweede meeste, 21,5 persent van besoekers by landwye gasvryheidsinstansies, gevolg deur Suid-Afrikaners met 9 persent.