Bespuitingsveldtog teen malaria begin

Infeksie met malaria gebeur nog steeds in oormaat, ten spyte van voortdurende pogings om dit te bekamp. Die noorde van die land gaan swaar gebuk hieronder, met die Zambezi-streek wat die ergste deurloop en 6 577 gevalle en agt sterftes in die afgelope twee jaar aangeteken het. Die gesondheid-ministerie het ‘n binnenshuise bespuitingsveldtog in 21 geteikende malaria-besmette distrikte van stapel gestuur in nog ‘n poging om die siekte hok te slaan. Dr. Richard Kamwi, stigter van die Eliminate Malaria Campaign en voormalige Namibiese gesondheidsminister, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die veldtog gepraat.