Besonderhede van SAL se verkoop dalk onthul

Besonderhede oor die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die Takatso-konsortium wat Suid-Afrika se minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan glo geheim wil hou, kan moontlik môre in ‘n parlementêre portefeuljekomiteevergadering onthul word. ‘n Hangende regsmening en die evaluering van dokumente sal die vergadering se klassifikasie as geslote of oop bepaal. ‘n Belang van 51-persent is aan Takatso toegeken – slegs ses weke nadat die redery uit sakeredding gekom het. Takatso het ‘n belegging van drie-miljard Suid-Afrikaanse rand beloof, maar twyfel bestaan steeds want die opposisie bevraagteken ‘n aandele-inspuiting teenoor bedryfskapitaal.