Besoedeling by Stampriet sal katastrofies wees – hier’s hoekom

Die Namibiese Landbou-unie het weer sy kommer uitgespreek oor uraanontginning in die Stampriet-bekken. Die unie het ‘n opname gedoen van die gebied en bevind dat die totale hektare grond wat onder ’n eksplorasie-lisensie verkeer beslaan 60 persent van die gebied. Volgens die NLU is daar 1 300 titelaktes in die Stampriet-bekken met Aminuis met ’n totaal van net oor die 555 000 duisend hektaar, en die oorblywende grond sluit dorpsgrond, kerkgrond, kommersiële grond en dies meer in. Dit is ook nie bekend presies hoe ver die ondergrondse water beweeg nie en kan Botswana en Suid Afrika insluit. Dus, sou besoedeling voorkom as gevolg van die eksplorasie of ontginning sal dit katastrofies wees.