Beslissing in ouditeur-generaal se guns verwelkom

‘n Parlementêre staande komitee loof die uitspraak van die hof in Gauteng wat die ouditeur-generaal van Suid-Afrika in ‘n saak teen die Padongelukke-fonds steun. Die fonds se uitdaging van die ouditeur-generaal se vrywarings-opinie oor sy finansiële rekeninge het misluk. Die voorsitter van die komitee oor die ouditeur-generaal, Sakhumzi Somyo, hoop die uitspraak sal die saak oplos en moedig die fonds aan om gehoor te gee aan die hof-voorskrifte oor finansiële rapportering aan die Parlement.